Skip to content

18 September 2008, Donderdag

Maart 22, 2009

Hallo

Vandat ons hier gekom het, het ek die dag gevrees wat ek hierdie nuus sal moet oordra.

Tinkie (een van ons Jack Russels wat saam met ons van die Kaap af gekom het) gaan mos gedurig op haar jag-uitstappies. Dan dwaal sy vir ure alleen rond – gewoonlik maar hier rondom die huis. Ons het nooit werklik geweet waar sy orals heen gaan nie. Ons was nog altyd bang dat sy iets gaan oorkom, maar daar is niks wat ons kon doen om haar in die jaart te hou nie. Hier is omheining, maar dit het aandag nodig. Ons het vir Tinkie gister vroegmiddag die laaste keer gesien. Toe dit namiddag word en sy nog nie huis toe gekom het nie, het ons bekommerd geraak. Ons het geroep, maar sy’t nie uitgekom nie. Selfs dit was ook nie eintlik “unlike” Tinkie nie, want as sy besig is met ‘n ding kan jy maar roep… sy sal kom wanneer sy wil. So ons het maar gedink sy gaan nog huis toe kom. Net voor donker het ons in die twee damme hier naby die huis gaan kyk en ook in die veld gesoek. Niks. Dit het so aaklig gevoel om gisteraand te gaan slaap sonder om te weet waar ons Tinkel is. Dit was koud en pikdonker buite. Ek het ‘n onrustige nag agter die rug en was al vroegoggend weer wakker. Weer is ons veld toe. Blikkie en Bruno het ons in ‘n rigting gelei, maar dit het ons net by ou skaapbene gebring. Dit is vreeslik om nie te weet waar jou hondjie is nie. Alles maal deur jou kop… het sy in ‘n dam beland, in ‘n gat gekruip waar sy nie weer kan uit nie, het ‘n slang haar gepik of het sy dalk in ‘n wurgstrik beland? Ons glo nie aan strikke stel nie, maar Jaco het al ‘n paar hier gekry wat hy dan onskadelik maak. Dan is daar nog die pad waar ‘n motor haar kon raak gery het. Jan het in die fontein gaan soek en ek en Jaco is af na die pad se kant. Daar het ons ook ‘n tuin… met ‘n dam. En dis waar ons haar gekry het… op die bodem van die dam.

Ek kan nie vir julle beskryf hoe dit gevoel het nie. Al die hoop wat ek nog gehad het dat ons haar lewend sou kry is uit my geruk. Ons Tinka het nie so ‘n dood verdien nie. Sy was nog nie eens ‘n jaar hier op die plaas nie. Sy het die plaaslewe vreeslik geniet. Dis net jammer dit het ook haar einde beteken. Sy en Kiddo sou Novembermaand saam met ons Kaap toe gaan om vir Ouma en Fluff te gaan kuier. Nou is haar blaffie stil en haar plekkie leeg. Dit voel ons kan onsself verwyt… hoekom het ons nie vroeër na haar begin soek nie, hoekom het ons nie van die begin af ook in daai dam gaan kyk nie? Hoe benoud en bang moes sy nie gewees het nie en daar was niemand om haar te help nie.

Jammer. Ek sukkel nog net om alles te verwerk. Sy was soos ‘n kind vir ons. Ons het haar gekry toe sy net 5 weke oud was en hierdie jaar Januarie het sy 7 geword. Jaco het haar uit die dam gehaal en ons het haar langs Grootbok begrawe.

Tinkie… jy sal vir ewig in ons harte wees!! Ons mis jou vreeslik!

Totsiens

Anoesjka

One Comment leave one →
  1. Maart 23, 2009 12:45 nm

    Jinne, dis verskriklik hartseer. Ek het twee miniatuur-worshonde, Jack en Danny. Ek is baie lief vir my honde so ek verstaan julle pyn. Baie sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: