Skip to content

19 Augustus 2008, Dinsdag

Maart 22, 2009

More,

Hoop dit gaan goed met julle. Gaan goed met ons, maar dit is ‘n hartseer more.

Laas week, 14 Aug, het ons bruin hennetjie toe haar eiers uitgebroei. 3 Pragtige piep klein kuikens – 6 van die eiers het vrot geraak en nie uitgebroei nie. Gisteraand toe ek hulle kos gee, was ek lank daar by hulle in die hok. Dit is te kostelik om hulle dop te hou. Ek wou hulle afneem, maar los dit toe vir vandag. En vandag… wel, vanoggend toe Jaco daar kom om hul kos te gee toe is die hok leeg. Leeg… behalwe vir ‘n paar vere wat daar lê. My bruin hennetjie met haar 3 kuikens is gisternag gevang en opgevreet. Al wat ek van haar oor het is ‘n paar vere wat daarop dui dat sy haarself en haar kroos tot op die laaste probeer verdedig het. Sy was een van die diere wat saam met ons ‘n nuwe begin hier op Huisfontein kom maak het. Seker moeilik om te glo, maar ‘n mens kan nogal geheg raak aan die diere al is dit nou ‘n hoender. As jy elke dag vir hulle kos gee, met hulle gesels, kyk hoe hulle groei tot hulle self later ouers word… dan is hulle deel van die familie. Sy laat na vir Spikkel, die enigste kuiken van haar wat ‘n groot hoender kon word.

Vandag waai die wind bedroef en daar is ‘n demper op elkeen se gemoed.

Traangroete,

Anoesjka

No comments yet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: